Die wêreld in foto’s – 15 April 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Gekleurde paaseiers by ’n tradisionele Paasmark van die Sorb-gemeenskap in die dorp Neuwiese naby Hoyerswerda in die ooste van Duitsland. Dié klein Slawiese minderheidsgroep in Duitsland probeer om dié tradisie van handgeverfde Paaseiers aan die gang te hou met die hulp van messe, vere en was. (Foto: Markus Schreiber, AP)

’n Foto van Kit Harington wat die rol van Jon Snow vertolk en Emilia Clarke in die rol van Daenerys Targaryen uit ’n toneel in Game of Thrones. Die agtste seisoen van dié gewilde TV-reeks het Sondag 14 April begin. (Foto: HBO, AP)

Feesgangers woon die Coachella- musiek- en kunstefees by die Empire Polo Club in Indio, Kalifornië, by. (Foto: Amy Harris, AP)

Mense bring hulde aan voormalige leiers Kim II Sung (links) en Kim Jong II by hul standbeelde op Mansu-heuwel ter herdenking van die “Dag van die son” in Pyongyang in Noord-Korea. (Foto: Cha Song Ho, AP)

’n Amerikaanse veteraanmotor dien as vervoermiddel vir toeriste na die opening van Behind the Wall, ʼn uitstalling op die 13de Havana Biënnale wat Sondag in dié Kubaanse stad begin het. Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Mary Sibande is een van die kunstenaars wie se werk ingesluit is in dié biënnale wat tot 12 Mei duur. (Foto: Ramson Espinosa, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.