Die wêreld in foto’s – 15 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan in ʼn poging om dié virus hok te slaan. Sedertdien is grootskaalse byeenkomste gekanselleer en kerke het hul deure tydelik gesluit. Dié virus kon egter nie ʼn gemeente in die VSA onderkry nie. Só prys hulle die Here tydens hierdie pandemie.

Mense in hul motors tydens ʼn opelug-erediens in Las Vegas. (Foto: John Locher, AP)

Mense met arms in gebed omhoog gehewe by die Internasionale kerk van Las Vegas. (Foto: John Locher, AP)

Pastoor Paul Marc Goulet preek vir mense in hul motors in Las Vegas. (Foto: John Locher, AP)

ʼn Vrou in gebed by ʼn inry-kerkdiens in Las Vegas. (Foto: John Locher, AP)

Pastoor Paul Marc Goulet bid vir mense in hul motors in Las Vegas. (Foto: John Locher, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Een sin kommentare bevraagteken ek gewoonlik.

Paul Goulet (born February 25, 1958) is a pastor and author. He and his wife Denise are currently the Senior Pastors of International Church of Las Vegas in Las Vegas.
Church‎: ‎International Church of Las Vegas
Religion‎: ‎Christian

Dit is al wat ek kon opspoor. Wat weet jy wat ons nie weet nie, en waarom beweer jy dat hulle valshede verkondig? Lees weer my aanhef.. my eerste sin. Wanneer jy ‘n bewering maak, moet jy dit kan staaf. En ek stry nie maar ek stem ook nie saam nie, want ek weet niks van hulle of hul prediking nie.

Daleen ·

Raadslid waar kry jy jou inligting dat dit ‘n sekte is? Moenie spekuleer gee feite.

Cherokee ·

Toe ek nog ‘n klein kind was, het lede van die susterskerke ook graag na alle ander kerke soos bv Pinkster kerke, verwys as sektes. En wanneer hulle gevra was om dit te staaf, was dit ook begroet met oorverdowende stilte. In Handelinge 24:5 word na Paulus verwys as lid van die sekte van die Nasareners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.