Die wêreld in foto’s – 15 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Eindstreep-foto van die mans 100 m-eindstryd Sondag op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Van bo na onder is Trayvon Bromell van die VSA, Akani Simbine van Suid-Afrika, Justin Gatlin van die VSA, Jimmy Vicaut van Frankryk, Usain Bolt van Jamaika, Andre de Grasse van Kanada, Youssef Meite van die Ivoorkus en Yohan Nlake van Jamaika. Foto: OMEGA via AP/wire.africannewsagency.com

ʼn Jong man word Sondag deur gewapende polisiebeamptes na ʼn hospitaal in Milwaukee, Wisconsin, gehaas. Een persoon is tydens die betoging geskiet en die polisie moes van ʼn gepantserde voertuig gebruik maak om die slagoffer na veiligheid te bring. Die polisie is met klippe bestook en skote het tydens onluste weergalm nadat die 23-jarige Sylville K. Smith Saterdag in ʼn skietgeveg met die polisie gesterf het. Foto: AP Photo/Jeffrey Phelps/wire.africannewsagency.com

ʼn Brandweerman besig om bokkies te red tydens ʼn wegholbrand naby Lower Lake in Kalifornië. Die veldbrand het sy eie weerpatroon begin vorm en het Sondagmiddag noordwaarts na die Lower Lake-omgewing beweeg. Foto: AP Photo/Josh Edelson/wire.africannewsagency.com

Lede van China se span het dié naweek deelgeneem aan die 2016 internasionale weermagspele in Alabino buite Moskou in Rusland. Die spele het Saterdag tot ʼn einde gekom. Foto: Xinhua/Dai Tianfang/wire.africannewsagency.com

 ʼn Japanse veteraan en ʼn volgeling, geklee in verouderde militêre uniforms, poseer vir foto’s by die Yasukuni-heiligdom in Tokio, Japan. Japan het Maandag die 71ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog gedenk. Foto: AP Photo/Shizuo Kambayashi/wire.africannewsagency.com

ʼn Binnenshuise ligstelsel wat gebruik word vir die kweek van plante is een van die tegnologiese hulpmiddels wat vertoon is op ʼn binnenshuise tuinbou-ekspo in Vancouver, Kanada. Sowat 70 internasionale tuiskweekuitstallers het aan dié eerste ekspo van sy soort in Vancouver deelgeneem. Foto: Xinhua/Liang Sen/wire.africannewsagency.com

Een van die 63 twee jaar oue Kaapse kameelperde wat dié naweek per vliegtuig van Johannesburg na Zhengzhou in China vervoer is. Die 23 bulle en 40 koeie is nou vir 45 dae in kwarantyn voordat hulle aan die Chinese publiek bekendgestel word. Foto: Xinhua/Ma Yichong/ wire.africannewsagency.com

Een van die 63 twee jaar oue Kaapse kameelperde wat dié naweek per vliegtuig van Johannesburg na Zhengzhou in China vervoer is. Die 23 bulle en 40 koeie is nou vir 45 dae in kwarantyn voordat hulle aan die Chinese publiek bekendgestel word. Foto: Xinhua/Ma Yichong/
wire.africannewsagency.com

Dié foto van ʼn beluga-walvis is geneem deur ʼn webkamera in die Churchill-rivier naby Hudson Bay in Kanada. Kanadese navorsers maak tans van die internet gebruik om die sosiale gedrag van duisende beluga-walvisse se sosiale gedrag te ondersoek. Duisende van dié walvisse migreer jaarliks na die Hudson Bay-gebied. Foto: Explore.org via AP/wire.africannewsagency.com

 ʼn Bul van die Antonio Ordonez-landgoed slaan ʼn picador (ruiter) van sy perd af tydens ʼn stiergeveg in die Las Ventas-arena in Madrid, Spanje. Foto: AP Photo/Francisco Seco/wire.africannewsagency.com

Pizzamakers, kokke en fyngebaksjefs by die voltooiing van die “langste pizza van die Argentynse kusstreek” in Rosario. Tien pizzameesters sowel as sowat 200 vrywillige kokke en lede van die fyngebakvakbond van Rosario, het aan die maak van dié pizza van 110 m deelgeneem. Foto: Xinhua/TELAM/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Sterkte aan die ‘kamperde’ (soos my seun kleintyd kameelperde genoem het) vir die aanpas in ‘n vreemde land. Ek het nie geweet dat hulle by ons só oorbevolk is?

Arme diere ·

Hkm so baie kameelperde? Ek hoop nie hulle gaan kos word nie!
As dit wel vir eet is gaan die kameelperde dieselfde paadjie loop as ons renosters!

Lithop ·

Ag nee wat Maroela nuus. Julle opskrif is misleidend en julle bied alles behalwe wêreldnuus. Julle “Wereld in fotos” is allesbehalwe relevant tot belangrike gebeure op internasionale vlak. Dis sommer net gewoonweg vlak, oppervlakkig en definitief nie insiggewend nie. Ons lewe in ‘n wêreld waar baie dinge wat elders gebeur ‘n invloed op ons het. Kom bietjie by en doen so rapsie meer as die SABC wat ons ook weerhou van belangrike gebeure buite ons grense.

Bloues ·

Ja Maroela nuus. Dankie vir die fotos. Ons lesers geniet dit terdee. Hou asseblief aan met julle uitstekende werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.