Die wêreld in foto’s – 15 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Migrante staan aan boord van die Spaanse humanitêre boot Open Arms soos dit die Lampedusa-kus in die Mediterreense See nader. ʼn Spaanse bystandsboot met 147 migrante aan boord is op ʼn eiland in die suide van Italië geanker. (Foto: Francisco Gentico, AP)

Suid-Koreaanse betogers trek saam om die Suid-Koreaanse Bevrydingsdag van Japannese koloniale bewind in 1945 in Seoel, Suid-Korea, te vier. Suid-Koreaanse president Moon Jae-in het ʼn olyftak aan Japan gebied om die einde van die voortslepende handelsgeskil tussen dié twee lande uit te beeld. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Blomblare val uit ʼn helikopter terwyl personeellede van die Indiese polisie deelneem aan die Indiese onafhanklikheidsvieringe in Gauhati, Indië. (Foto: Anupam Nath, AP)

Twee roeiers stop om na die sonsopkoms te kyk in Sanibel, Florida. (Foto: J. David Ake, AP)

Ysberge in Groenland is te sien uit ʼn vliegtuig met NASA-wetenskaplikes aan boord. Groenland se ys het die afgelope dekade vinniger gesmelt met twee van die grootste smeltings sedert 2012. (Foto: Mstyslav Chernov, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae