Die wêreld in foto’s – 15 Desember 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Die Japanse vragskip Kounotori het Dinsdag by die internasionale ruimtestasie aangekom met ongeveer vyf ton kos, water, batterye en ander voorraad. Volgens Nasa is daar ook Kersgeskenke aan boord. Twee Amerikaners, drie Russe en ʼn Fransman sal Kersfees saam in die ruimte deurbring. Foto: Nasa TV, AP

wêreld-foto

Rusland se president, Wladimir Poetin, speel met sy hond Yume voor sy onderhoud Disndag met Japanse media. Poetin sal met Japan se premier, Shinzo Abe, in die Kremlin in Moskou gesprek voer voor sy besoek aan Japan. Foto: Alexei Druzhinin, AP

wêreld-foto

Met die gebruiklike rookmis oor Beijing aan’t afneem was die supermaan duidelik sigbaar in die Chinese hoofstad. Foto: Ng Han Guan, AP

wêreld-foto

Cristiano Ronaldo en spanmaats van Real Madrid warm Dinsdag op tydens ʼn oefensessie by Fifa se sokkerklub in Yokohama naby Tokio. Real Madrid sal tydens die Wêreldsokkertoernooi teen Klub Amerika speel in die halfeindronde. Foto: Shizuo Kambayashi, AP

wêreld-foto

Kleuters met Kersvader-kostuums byeen tydens ʼn Kersfees-geleentheid Woensdag in Beijing, China. Kersfees word nie gewoonlik in China gevier nie, maar sommige private skole reël Kersaktiwiteite vir kinders en ouers. Foto: Andy Wong, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.