Die wêreld in foto’s – 15 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Sekuriteitswag drink Donderdag water buite ʼn Nirav Modi-juweliersboetiek in Moembaai, Indië. Dié land ondersoek beweerde bankbedrog van $1,8 miljard ná ʼn juwelier na bewering valse bankdokumente gebruik het om oorsese lenings te bekom. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Werkers eet kluitjies tydens die Lentefees by die konstruksieterrein van die Xi’an-metrolyn- 4 in Xi’an, China. Dié groep mans werk ten spyte van die feesvieringe. (Foto: Liu Xiao, Xinhua)

Noord-Koreaners in aksie by die swembad van die Changgwang Gesondheidssentrum in Pyongyang, Noord-Korea, ter herdenking van die geboorte van die ontslape leier, Kim Jong il. (Foto: Jon Chol Jin, AP)

Mense bid en lê blomme neer by ʼn monument vir soldate wat in die oorlog van 1979-1989 in Afganistan vermoor is, ter herdenking van die onttrekking van Sowjet-troepe uit die land in die hoofstad van Kief. Die laaste onttrekking van die Sowjet-leër uit Afganistan het op 15 Februarie 1989 plaasgevind, ná ʼn oorlog van 10 jaar in ʼn mislukte poging van die Sowjet-regering om die land oor te neem. Sowat 3 360 Oekraïnse soldate is in dié oorlog doodgemaak. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

Dansers voer ʼn leeudans uit op die plein in die Royal Palace, ter viering van die Chinese Nuwe Jaar in Phnom Penh, Kambodja. (Foto: Mao Pengfei, Xinhua)

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.