Die wêreld in foto’s – 15 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Paartjie soen op Valentynsdag op ʼn straat in Moskou wat met hartvormige ballonne versier is. (Foto: Evgeny Sinitsyn, Xinhua)

ʼn Klein ysbeertjie loer na die kamera ná haar eerste ondersoek deur die veearts by ʼn dieretuin in Berlyn, Duitsland. Hierdie steeds naamlose beertjie is op 1 Desember 2018 in die dieretuin gebore. (Foto: Steffen Freiling, AP)

Vrywilligers van ʼn nie-winsgewende organisasie, Boroume, versamel appels tydens ʼn straatmark in die Chalandri-munisipaliteit, ʼn noordelike voorstad van Athene, Griekeland. Boroume (Grieks vir “Ons Kan”) is in Januarie 2012 as ʼn nie-winsgewende organisasie gevestig. Hierdie organisasie het binne ʼn tydperk van sewe jaar minstens 29 miljoen kospakkies aan behoeftiges versprei. Alexandros Theodoridis, stigterslid van dié organisasie, sê die organisasie werk nog steeds elke dag volstoom om na behoeftiges om te sien. (Foto: Lefteris Partsalis, Xinhua)

Die son kom op oor die buitewyke van Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Indiese student hou ʼn kersie vas terwyl sy eer betoon aan die paramilitêre soldate wat Donderdag in ʼn ontploffing by ʼn skool in Ahmadabad, in Kasjmir, Indië, gesterf het. Ongeveer 40 sterftes is aangemeld. Veiligheidsbeamptes het Vrydag gesê dat dit as die dodelikste aanval in dié streek se geskiedenis beskou kan word. (Foto: Ajit Solanki, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.