Die wêreld in foto’s – 15 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Marta Kostyuk van die Oekraïne speel teen Peng Shaui van China tydens die eerste ronde by die Australiese Ope-tenniskampioenskap in Melbourne. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Veiligheidsbeamptes op die toneel van ʼn selfmoordbomaanval in Bagdad in Irak. Die dubbele selfmoordbom het ʼn onbekende aantal mense se lewens geëis en talle is gewond: (Foto: Abdul Hassan, AP)

ʼn Gedeelte van ʼn gebou van die Djakarta-aandelebeurs het Maandag ineengestort. Veiligheidsbeamptes staan by dié ineengestorte gebou waar talle mense beseer is. (Foto: AP)

Pres. Rumen Radev van Bulgarye en Shinzo Abe, die premier van Japan, praat voor ʼn vergadering vir regeringsamptenare in Sofia. Die Japannese premier besoek tans talle Oos-Europese lande. (Foto: Valentina Petrova, AP)

ʼn Model vertoon ʼn nuwe uitrusting vir ʼn modereeks wat vandag in Milaan in Italië bekendgestel is. (Foto: Antonio Calanni, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.