Die wêreld in foto’s – 15 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Feesgangers koop kos by ʼn mark tydens die Pongal-fees in Little India, ʼn etniese distrik in Singapoer. Dié fees vind van 15 tot 17Januarie plaas. (Foto: Then Chih Wey, Xinhua)

Serena Williams dien tydens haar wedstryd in die eerste ronde teen Tatjana Maria van Duitsland in die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne, Australië. (Foto: Kin Cheung, AP Foto)

Omstanders op die toneel van ʼn bomaanval in Kaboel, Afganistan. Volgens amptenare het ʼn Taliban-selfmoordbomaanvaller Maandagaand ʼn voertuig wat met plofstof gevul was die lug ingeblaas. (Foto: Rahmat Gul, AP Foto)

Mikaela Shiffrin van die VSA in aksie in die vroue-afdeling tydens die Wêreldbeker-skitoernooi in Kronplatz, Italië. (Foto: Alessandro Trovati, AP Foto)

Modelle in skeppings van Isabel Benenato tydens die Milaan-modeweek. (Foto: Cheng Tingting, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.