Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Hyundai vertoon sy splinternuwe Genesis GV80-sportnutsvoertuig tydens ʼn spesiale geleentheid in Goyang, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

ʼn Vrou moker ʼn papiermaché pop van Jimmy Morales, die uitgaande Guatemalaanse president, buite die hoofkwartier van die Sentraal-Amerikaanse parlement in Guatemala-stad. (Foto: Oliver De Ros, AP)

Honde verwelkom hul eienaar terug in Talisay, ʼn asbedekte dorpie in die Filippyne. Taal, ʼn vulkaan in dié gebied, spoeg lawa die lug in en veroorsaak voortdurend trillings. Vrese bestaan dat ʼn groter en gevaarliker uitbarsting moontlik is. (Foto: Aaron Favila, AP)