Die wêreld in foto’s – 15 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Hyundai vertoon sy splinternuwe Genesis GV80-sportnutsvoertuig tydens ʼn spesiale geleentheid in Goyang, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

ʼn Vrou moker ʼn papiermaché pop van Jimmy Morales, die uitgaande Guatemalaanse president, buite die hoofkwartier van die Sentraal-Amerikaanse parlement in Guatemala-stad. (Foto: Oliver De Ros, AP)

Honde verwelkom hul eienaar terug in Talisay, ʼn asbedekte dorpie in die Filippyne. Taal, ʼn vulkaan in dié gebied, spoeg lawa die lug in en veroorsaak voortdurend trillings. Vrese bestaan dat ʼn groter en gevaarliker uitbarsting moontlik is. (Foto: Aaron Favila, AP)

Toegewyde Hindoes bid rollend op die grond as deel van ʼn ritueel tydens die Madhav Narayan-fees in Bhaktapur, Nepal. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Pres. Donald Trump verlaat Air Force One ná ʼn verkiesingsveldtog in Milwaukee. (Foto: Kevin Wolf, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae