Die wêreld in foto’s – 15 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die boonste verdieping van die Eiffeltoring is Woensdag vir die eerste keer vir besoekers oopgestel sedert die Covid-19-pandemie Parys getref het.

Die eerste twee verdiepings is op 26 Junie heropen ná die langste sluiting sedert die Tweede Wêreldoorlog.

Besoekers neem ʼn foto van die Eiffeltoring-ingang tydens die heropening van die boonste verdieping. (Foto: Francois Mori, AP)

Die uitsig van die boonste verdieping van die Eiffeltoring. (Foto: Francois Mori, AP)

Die uitsig van die boonste verdieping van die Eiffeltoring. (Foto: Francois Mori, AP)

Besoekers op die boonste verdieping van die Eiffeltoring. (Foto: Francois Mori, AP)

Besoekers op die tweede verdieping van die Eiffeltoring. (Foto: Francois Mori, AP)

Die Eiffeltoring tydens die heropening van die boonste verdieping. (Foto: Francois Mori, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

Ai, dit bly maar mooi. Het die voorreg gehad om vir 8 jaar elke dag die toring te sien. Het gereeld in die tuine gespeel, in die fonteine en gerolskaats om die fonteine. Tye wat mens seker nie weer sal hê nie. Mooi herinneringe. Tino Rossi het gesig, “Ek het 2 liefdes, my land en Parys…” en dit is so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.