Die wêreld in foto’s – 15 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

Nood- en polisiedienste in Florida in die VSA soek na ʼn kleuter nadat die seuntjie deur ʼn krokodil water toe gesleep is by die Grand Floridian Resort & Spa in Lake Buena Vista. Foto: Red Huber/Orlando Sentinel via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Vrou in Sjanghai, China, steek ʼn kers aan tydens ʼn gedenkdiens vir die slagoffers van die Orlando-skietery. Foto: Chinatopix via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, se weerkaatsing in ʼn venster by die kanselierskantoor in Berlyn, Duitsland. Die kanselier het die premier van Georgië, Giorgi Kvirikashvili, ontmoet vir samesprekings. Foto: Markus Schreiber/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Russiese ondersteuner loop verby Franse polisie in Lille, Frankryk, tydens ʼn sokkerwedstryd tussen Rusland en Slowakye by die Pierre Mauroy-stadion. Foto: Darko Bandic/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Kunstenaars neem deel aan ʼn optog by ʼn Disney-oord in Sjanghai, China, om dichancee opening van dié oord te vier. Foto: AP Photo/Ng Han Guan/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

ʼn Seemeeu se weerkaatsing in ʼn poel water na ʼn hewige reën in Zell, Duitsland. Foto: Thomas Warnack/dpa via AP/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.