Die wêreld in foto’s – 15 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Saina Nehwal van Indië speel pluimbal teen Nitchaon Jindapol van Thailand by kampioenskappe in Djakarta, Indonesië. (Foto: AP Photo/Dita Alangkara)

Vlamme woed steeds in die Grenfell Tower-gebou in Londen waar daar op 14 Junie ’n geweldige brand uitgebreek het. Die Londense brandweerkommissaris het gesê die skoonmaakproses sal weke lank duur. (Foto: AP Photo/Frank Augstein)

Die liggaam van ʼn slagoffer van ʼn ontploffing in Mogadisjoe in Somalië word weggedra. Gewapende mans het Woensdagaand twee restaurante in dié stad geteiken en minstens 18 mense is dood. (Foto: Xinhua/Faisal Isse)

ʼn Werknemer van ʼn Spaanse niewinsgewende organisasie hou ʼn babaseun vas nadat hy gered is uit ʼn boot wat buite beheer in die Mediterreense see rondgedobber het. (Foto: AP Photo/Emilio Morenatti)

Brittanje se koningin Elizabeth II verlaat ʼn kerk in Londen ná die 100-jarige herdenking van die Upper North Street School-bomaanval tydens die Eerste Wêreldoorlog. Altesaam 18 kinders is destyds in dié bomaanval dood. (Foto: Nick Ansell/PA via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.