Die wêreld in foto’s – 15 Junie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Betogers neem deel aan ʼn protesaksie buite die Griekse parlement in Athene oor die ooreenkoms tussen Griekeland en Macedonië oor die geskil oor die voormalige Joego-Slawiese republieknaam. Die eerste ministers van Griekeland en dié land se noordelike buurman, Macedonië, het Dinsdag ooreengekom dat die voormalige Joego-Slawiese republiek hernoem moet word na Noord-Macedonië. (Foto: Petros Giannakouris, AP)

ʼn Gebou-afbeelding op ʼn plakkaat van pres. Recep Tayyip Erdogan van Turkye wat ʼn bushalte in Istanboel versier. Turkye sal parlementêre en presidensiële verkiesings op 24 Junie 2018 hou. Dié verkiesings is belangrik aangesien dit Turkye se regeringstelsel in dié van ʼn uitvoerende presidentskap sal omskep. (Foto: Emrah Gurel, AP)

’n Egiptiese aanhanger staan reg om sy sokkerspan te ondersteun voor die afskop van die Groep A-wedstryd tussen Egipte en Uruguay by die 2018-Wêreldbekersokkertoernooi in die Jekaterinburg-arena in Jekaterinburg, Rusland. (Foto: Natacha Pisarenko, AP)

ʼn Vrou stap in die reën met pantser en sambrele wat deel is van ʼn vensteruitstalling by ʼn klerewinkel in Tokio. Dié stad is tans in die middel van sy reënseisoen. (Foto: Shuji Kajiyama, AP)

ʼn Vrou spuit nagemaakte sneeu uit ʼn blikkie buite die Al-Seddik-moskee in Kaïro, Egipte, aangesien dié Moslem-familie Eid-oel-Fiter vier wat die einde van Ramadaan kenmerk. (Foto: Amr Nabil, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bobbejaan ·

Pragtig die eerste foto. Monkeydonia is wanneer jy ‘n ertappel herdoop na ‘n appel dan sal die ertappel smaak soos ‘n appel. Die woord sinspeel op ‘Macedonia’. Probeer dit in SA en die duiwel sal los wees oor erge rassisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.