Die wêreld in foto’s – 15 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het openbare byeenkomste, insluitend sportgeleenthede, tot stilstand gekom. Ten spyte van die nuwe regulasies het sokkerondersteuners in die Tsjeggiese Republiek steeds byeengekom om hul sportsterre in aksie te sien.

ʼn Paar dosyn ondersteuners het Sondag die sokkerwedstryd tussen Bohemians Prague en Jablonec op lere agter ʼn muur geniet aangesien ʼn beperkte aantal toeskouers in die stadion toegelaat is.

Só geniet sokkerondersteuners dié sportsoort.

Oorwinning in Praag in die Tsjeggiese Republiek. (Foto: Petr David Josek, AP)

Toeskouers staan op lere terwyl hul na ʼn sokkerwedstryd in Praag in die Tsjeggiese Republiek kyk. (Foto: Petr David Josek, AP)

Toeskouers dra lere aan om dié sokkerwedstryd Sondag in Praag dop te hou. (Foto: Petr David Josek, AP)

Toeskouers juig uit die ‘skanspawiljoen’ terwyl hul na ʼn sokkerwedstryd tussen Bohemians Prague en Jablonec kyk. (Foto: Petr David Josek, AP)

Toeskouers geniet ʼn drankie terwyl hul na ʼn sokkerwedstryd oor ʼn skansmuur kyk. (Foto: Petr David Josek, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.