Die wêreld in foto’s – 15 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Red Bull-bestuurder, Max Verstappen, van Nederland tydens die tweede oefensessie van die Australiese Grand Prix in Melbourne, Australië. Die eerste resies vanjaar is Sondag. (Foto: Andy Brownbill, AP)

Khalid (middel) tree op by die Uber Eats House tydens die South by Southwest-musiekfees in Austin, Texas. (Foto: Jack Plunkett, AP)

Honderde skoolkinders neem deel aan ʼn klimaatoptog in Hongkong. Studente oor meer as 80 lande en gebiede wêreldwyd het saamgespan om Vrydag klas mis te loop om aan die optog deel te kan neem. Die optog is gereël teen regerings se mislukking om stappe teen aardverwarming te doen. Hierdie gekoördineerde “skoolstaking” is deur die 16-jarige aktivis, Greta Thunberg, geïnspireer, wat verlede jaar afsonderlike demonstrasies buite die Sweedse parlement gehou het. (Foto: Kin Cheung, AP)

Paris Hilton woon die opening van die MCM Rodeo Drive by in Beverly Hills, Kalifornië. (Foto: Richard Shotwell, AP)

’n Sekuriteitsbeampte kyk na sy horlosie voor die afsluitingsessie van die China’s National People’s Congress (NPC) by die Great Hall of the People in Beijing. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.