Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Boris Johnson, Brittanje se minister van buitelandse sake, is op pad na ʼn vergadering van EU-ministers in Brussel. (Foto: AP Foto /Geert Vanden Wijngaert)
ʼn Amerikaanse vlootvliegtuig word op die proef gestel vir gereedheid indien ’n ramp die Filippyne sou tref. Die Amerikaanse vloot verskaf humanitêre hulp tydens rampe. (Foto: AP Foto /Bullit Marquez)
Owerhede het op 330 skilpaaie wat vanuit Madagaskar in Maleisië ingesmokkel is, beslag gelê. Die skilpaaie het ’n geskatte waarde van sowat $270 000. (Foto: AP Photo/Daniel Chan)
Wolke hang oor die see in China se Shaanxi-provinsie. (Foto: Xinhua/Tao Ming, wyo)
Die spanne van Thailand en Maleisië in aksie tydens ʼn basketbaltoernooi in die Filippyne. (Foto: Xinhua/Rouelle Umali)
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.