Die wêreld in foto’s – 15 Mei 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Betogers skree Dinsdag slagspreuke naby die Israeliese konsulaat in Istanboel. Die woordvoerder van die Turkse regering het gistermiddag drie dae van rou aangekondig. Dit volg nadat Israeliese troepe 58 Palestyne doodgeskiet het tydens ’n betoging in die Gasa-strook op die dag wat die VSA sy ambassade na Jerusalem geskuif het. (Foto: Emrah Gurel, AP)

’n Joernalis neem ’n foto van ’n nuwe brug wat Rusland en die Krim-skiereiland verbind voor die openingseremonie van dié brug naby Kerch, Krim. Die Russiese president, Wladimir Poetin, sal die openingseremonie bywoon. (Foto: Alexander Nemenov, AP)

Ondersteuners van die Bharatiya Janata Party (BJP) vier Dinsdag ’n vroeë voorsprong vir dié party in die Karnataka-staatsverkiesing in Bangalore, Indië. Stemme in die verkiesing om wetgewing in dié suidelike staat te bepaal word tans getel. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

Mense skuil Dinsdag teen die reën tydens die wedstryd tussen Timea Babos van Hongarye en Sara Errani van Italië tydens die Italiaanse Ope-tennistoernooi. (Foto: Ettore Ferrari, AP)

’n Vlag met ’n foto van prins Harry en Meghan Markle word Dinsdag buite ’n winkel in Windsor vertoon. Voorbereidings word in dié dorp gemaak in aanloop tot prins Harry en Markle se groot dag wat Saterdag in Windsor plaasvind. (Foto: Frank Augstein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.