Die wêreld in foto’s – 15 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd die handhawing van sosiale afstand aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Engeland is een van dié lande wat op 23 Maart ʼn afsonderingstydperk ingestel het en kroeë is landwyd tydelik gesluit.

Volgens die Britse Bier-en-Kroegvereniging het die land ongeveer 47 000 kroeë waarvan talle al dekades lank alkohol verkoop.

Só lyk Engeland se kroeë waarvan elkeen ʼn unieke historiese prentjie skets.

The Ten Bells-kroeg is in die gebied geleë waar die berugte reeksmoordenaar met die bynaam Jack the Ripper minstens vyf vroue in 1888 vermoor het. (Foto: Matt Dunham, AP)

The Mayflower-kroeg, vernoem na ʼn skip wat pelgrims in 1620 na die VSA, of destyds bekend as die “nuwe wêreld”, geneem het. (Foto: Matt Dunham, AP)

The Charlotte Despard-kroeg, vernoem na ʼn suffrajet wat aanspraak daarop gemaak het dat vroue stemreg in nasionale verkiesings het. Despard is in 1844 gebore en is op 95-jarige ouderdom oorlede. (Foto: Matt Dunham, AP)

The Walrus & The Carpenter-kroeg is vernoem na Lewis Carroll se gelyknamige gedig. Dié gedig is deur Carroll se karakters Tweedledee en Tweedledum in sy boek, Alice Through the Looking Glass, opgesê. (Foto: Matt Dunham, AP)

Die Shakespeare’s Head-kroeg is bekend vir die borsbeeld van die Engelse digter en dramaturg, William Shakespeare, wat sonder ʼn hand is. Die eenarm-beeld het tydens die Tweede Wêreldoorlog ʼn hand verloor nadat ʼn bom naby dié kroeg ontplof het. (Foto: Matt Dunham, AP)

Nog historiese kroeë:

The Blackfriar pub, which was built in 1875 on the site of a Dominican friary and saved from being demolished for redevelopment by a campaign in the 1960s, stands temporarily closed due to the nationwide coronavirus lockdown, on Queen Victoria Street in the Blackfriars area of central London, Thursday, May 7, 2020. (AP Photo/Matt Dunham)

The Churchill Arms pub, which was renamed after Britain’s World War II Prime Minister Winston Churchill, stands temporarily closed due to the nationwide coronavirus lockdown on Kensington Church Street, in Kensington, London, Tuesday, April 28, 2020. (AP Photo/Matt Dunham)

Ye Olde Mitre pub, which was established in 1546 and is now housed in an 18th century building which replaced the original tavern, stands temporarily closed due to the nationwide coronavirus lockdown on Ely Court, in the Holborn district of central London, Tuesday, May 5, 2020. (AP Photo/Matt Dunham)

The Sherlock Holmes-kroeg is vernoem na die fiktiewe 19de-eeuse speurder wat in 221B Bakerstraat in Londen gewoon het. (Foto: Matt Dunham, AP)

The Cricketers-kroeg is op ʼn krieketveld geleë waar geesdriftiges sedert die 17de eeu krieket speel en sedert 1770 bier geniet. (Foto: Matt Dunham, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Soe hoe lus is ek nou vir ‘n bier nie. Ou Bekkie kan seker sy voorvaders nie verder terugspeur as sy oupa nie, wat nog van sulke struture. Daarom is hy so nydig op alkohol.

Kokerboom ·

Hier is karakter en geskiedenis waarvan ons net kan droom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.