Die wêreld in foto’s – 15 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pres. Recep Tayyip Erdogan van Turkye ontmoet die emir van Katar, sjeik Tamim bin Hamad Al Thani, tydens ʼn twee dae lange besoek aan Doha, Katar. (Foto: Kayhan Ozer, AP)

Talle oorlewendes van die aardbewing in Iran bly in tente nadat hulle huise in Sarpol-e-Zahab ineengestort het. (Foto: Vahid Salemi. AP)

ʼn Beskadigde voertuig staan voor ʼn kleuterskool in Pohang in Suid-Korea ná ʼn aardbewing Woensdag die gebied geskud het. (Foto: Kim Jun-beom, AP)

ʼn Polisiebeampte deel kos uit aan oorlewendes in Sarpol-e-Zahab in Iran nadat ʼn kragtige aardbewing die gebied Sondag geruk het. Talle oorlewendes wag steeds drie dae ná die ramp op reddingshulp. (Foto: Vahid Salemi, AP)

Gewapende magte staan by ʼn voertuig op die pad wat lei na pres. Robert Mugabe se woning in Harare. Die weermag van Zimbabwe het Woensdag gesê die president en sy vrou is in huisarres geplaas. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.