Die wêreld in foto’s – 15 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Boere sit skouer aan die wiel enkele weke voor oestyd in Naypyidaw, Mianmar. (Foto: Aung Shine Oo, AP)

Werkers neem ’n blaaskans by die Grand Bazaar in Teheran, Iran. (Foto: Ahmad Halabisaz, Xinhua)

Trekvoëls rus vir ’n wyle by die Wolongmeer-vleiland in die Kangping-distrik van Shenjang, die hoofstad China se Liaoning-provinsie. (Foto: Yang Qing, Xinhua)

Twee sentraal-Amerikaanse migrante loop bo-op die grensstruktuur wat Mexiko en die VSA in Tijuana, Mexiko, skei. (Foto: Gregory Bull, AP)

Die hande van ’n Franse prokureur Donderdag tydens die laaste dag van die Switserse bank, UBS AG, se verhoor in ’n hof in Parys. Dié bank het na bewering ryk Franse kliënte gehelp om belasting te ontduik. (Foto: Francois Mori, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.