Die wêreld in foto’s – 15 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Kind, een van die vlugtelinge wat onlangs Hodeidah in Jemen verlaat het, hou ’n broodjie vas wat hy van ʼn liefdadigheidsgroep ontvang het in ʼn dorp in die westelike Sanaa-gebied van dié land. Volgens ʼn verslag van die vlugtelingagentskap UNHCR wat op 12 Oktober gepubliseer is, is meer as 78 400 gesinne dakloos gelaat sedert die gewelddadige konflik in Jemen begin het. Foto: Mohammed Mohammed, Xinhua)

Dit word duidelik herfs by Grassmere Water se in Brittanje se Meredistrik met mis wat Maandag oor ʼn meer hang. Die herfs kruip al nader in dié land. (Foto: Owen Humphreys, AP)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, lei Maandag ʼn leiersvergadering van die Christen-Demokratiese Unie-party by dié party se hoofkantoor in Berlyn, ʼn dag na die Beierse staatsverkiesing. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ʼn Betoger sit Maandag buite die energie-firma Cuadrilla se kantoor in Preston New Road in Lancashire, Engeland, in opstand teen hidrobreking. Die polisie het gisteroggend paaie gesluit toe ongeveer 50 betogers buite dié terrein bymekaar gekom het kort voordat hidrobreking in die gebied sou begin. (Foto: Peter Byrne, AP)

ʼn Vrou jaag Maandag koeie aan huis toe, terwyl die son oor die dorp Naddi in Dharmsala in die staat Himachal Pradesj in Indië sak. (Foto: Ashwini Bhatia, AP )

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.