Die wêreld in foto’s – 15 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com/

Kinders probeer aan Prins Charles se hand raak tydens ʼn seremonie om die 100ste herdenking van die slag van Somme in die Caterpillar Valley-begrafplaas in Longueval, Frankryk, te gedenk. Duisende soldate van Nieu-Seeland en ander eilande in die Stille Oseaan het tydens die Eerste Wêreldoorlog gesterf. Foto: Michel Spingler/wire.africannewsagency.com/

wire.africannewsagency.com/

Die akteur en filantroop, Richard Gere, lewer ʼn toespraak tydens die Liberty Medal-seremonie by die National Constitution-sentrum in Philadelphia in die VSA. Gere het ʼn woordjie vir die Salvation Army, ʼn liefdadigheidsorganisasie, gedoen. Foto: Matt Rourke/wire.africannewsagency.com/

wire.africannewsagency.com/

Toeriste in Jordanië word gesmeer met natuurlike modder van die Dooie See. Foto: Xinhua/Mohammad Abu Ghosh) (syq)/wire.africannewsagency.com/

wire.africannewsagency.com/

Die Singapore Grand Prix se Marina Bay City-baan wat tydens skemer met ʼn visooglens afgeneem is. Foto: Wong Maye-E/ wire.africannewsagency.com/

wire.africannewsagency.com/

Die Ralph Lauren-klerereeks word tydens die modeweek in New York bekendgestel. Foto: Julie Jacobson/ wire.africannewsagency.com/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Griet ·

Die moddersmeerdery by die Dooiesee is die lekkerste lekker en wanneer dit droog word, gaan spoel jy dit af en jou hele lyf voel sag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.