Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Te midde van die Covid-19-pandemie het die Amerikaanse kunstenaar Ryan Mendoza die huis van die Amerikaanse burgerregte-kampvegter, Rosa Parks, herbou en in Italië ten toon gestel.
Parks het destyds in dié afgeleefde huis in Detroit in die VSA gaan skuil ná haar beroemde busboikot in 1955. Die herboude huis word tans in die sentrale binnehof van die 18de-eeuse koninklike paleis in Napels, Italië, ten toon gestel.

Die huis van die Amerikaanse burgerregte-kampvegter, Rosa Parks, word in Italië ten toon gestel. (Foto: Gregorio Borgia, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Baie oorspronklik. Nogal mooi om ‘n gebou te sien met heel vensters.