Die wêreld in foto’s – 16 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Tibetaanse geestelike leier, die Dalai Lama, praat Maandag by die Tsuglakhang-tempel in Dharmsala, Indië. Dié Tibetaanse leier het met ʼn groep Indiese en buitelandse toeriste gesels oor sekulêre etiek en die belangrikheid van verdraagsaamheid in die 21ste eeu. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

Israeliese kinders dra vlieënierskostuums en waai Israeliese vlae terwyl Israeliese lugmagvliegtuie oor die kus vlieg ter voorbereiding van Israel se 70ste onafhanklikheidsdagvieringe in Tel Aviv. Dié land vier van Woensdag tot Donderdag die 70ste herdenking van die stigting van die staat. (Foto: Oded Balilty, AP)

Justin Trudeau, die Kanadese eerste minister, ontmoet Maandag vir Audrey Azoulay, die direkteur-generaal van die Verenigde Nasies se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie by die UNESCO-hoofkantoor in Parys, Frankryk. (Foto: Sean Kilpatrick, AP)

ʼn Toeris neem foto’s van appelkoosblomme in Hohhot, die hoofstad van noordelike China se onafhanklike streek, Mongolië. (Foto: Peng Yuan, Xinhua)

Erwin Sperisen, die voormalige hoof van Guatemala se nasionale polisie, en sy prokureurs, Giorgio Campa (links) en Florian Baier (regs), daag by die hof in Genève, Switserland, op vir sy appèlsaak. Sperisen, wat beskik oor Switserse en Guatemalaanse burgerskap, is in 2016 vir die dood van sewe gevangenes gevonnis ná ʼn drie weke lange verhoor. (Foto: Salvatore Di Nolfi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.