Die wêreld in foto’s – 16 April 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Vlamme en rook borrel Maandag uit die brandende Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk. Geelbruinrook kan bokant die katedraal gesien word soos die as van die brand op toeriste en inwoners wat rondom die katedraal staan, val. (Foto: Diana Ayanna, AP)

’n Oosterse tuinakkedis sit in ’n boom in Gauhati, Indië. Die manlike akkedis se kop en keel verander in ’n helder kleur tydens die broeiseisoen. (Foto: Anupam Nath, AP)

A butterfly flies over azalea blossoms near a path lined of small shrine arches or “Torii” gates at Nezu Shrine during a day of mild spring weather in Tokyo Tuesday, April 16, 2019. Nezu Shrine is one of the oldest shrines in Tokyo.(AP Photo/Eugene Hoshiko)

Kerse brand tussen kersiebome in Baar, Switserland. Die hitte van die brandende kerse help om te verhoed dat die kersiebloeisels deur die koue vernietig word. (Foto: Alexandra Wey, AP)

’n Afgaanse vrou loop deur vloedwater ná ’n hewige reënbui in Kaboel. Afghaanse owerhede het gesê minstens vyf mense dood is en 17 word vermis nadat swaar reën die land se westelike provinsie, Herat, getref het. (Foto: Rahmat Gul, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.