Die wêreld in foto’s – 16 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

ʼn Familielid treur tydens ʼn gesamentlike begrafnis van vier vermoorde burgerlikes in Aripanthan, ʼn dorpie wes van Srinagar in die Indies-beheerde Kasjmir. Regeringsmagte in dié gebied het vier burgerlikes doodgeskiet en 15 beseer toe anti-Indiese betogers en regeringsmagte slaags geraak het. Foto: Mukhtar Khanwire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Indonesiërs laat die nasionale vlag wapper tydens ʼn optog om dié land se onafhanklikheid te vier. Indonesië was tot 71 jaar gelede ʼn kolonie van Nederland. Foto: Firdia Lisnawati/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Afgaanse kinders wat hul huise moes ontruim weens die oorlog in die land speel buite die tente waar hulle tans gehuisves word in die Ghazni-provinsie. Meer as 1 600 burgerlikes is gedood en ongeveer 3 560 is in die eerste helfte van die jaar beseer in Afganistan. Foto: Xinhua/Sayed Mominzadah (cyc)/ wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Miyuki Uehara van Japan neem deel aan ʼn uitdunrondte in die 5000 m vir vroue tydens die Olimpiese spele in Rio de Janeiro, Brasilië. Foto: David J. Phillip/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Waatlemoeneet in ʼn waterpark in Chongqing in China bied lafenis teen die hitte nadat die temperatuur Dinsdag tot 40 ℃ in die gebied gestyg het. Foto: Xinhua/Tang Yi) (wx)/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.