Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Familielid treur tydens ʼn gesamentlike begrafnis van vier vermoorde burgerlikes in Aripanthan, ʼn dorpie wes van Srinagar in die Indies-beheerde Kasjmir. Regeringsmagte in dié gebied het vier burgerlikes doodgeskiet en 15 beseer toe anti-Indiese betogers en regeringsmagte slaags geraak het. Foto: Mukhtar Khanwire.africannewsagency.com

Indonesiërs laat die nasionale vlag wapper tydens ʼn optog om dié land se onafhanklikheid te vier. Indonesië was tot 71 jaar gelede ʼn kolonie van Nederland. Foto: Firdia Lisnawati/wire.africannewsagency.com

Afgaanse kinders wat hul huise moes ontruim weens die oorlog in die land speel buite die tente waar hulle tans gehuisves word in die Ghazni-provinsie. Meer as 1 600 burgerlikes is gedood en ongeveer 3 560 is in die eerste helfte van die jaar beseer in Afganistan. Foto: Xinhua/Sayed Mominzadah (cyc)/ wire.africannewsagency.com