Die wêreld in foto’s – 16 Augustus 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Lede van Kroasië se Erewag Bataljon tydens ’n skofruiling op die viering van Maria se hemelvaart in Zagreb, die hoofstad van Kroasië. Die seremonie word op Saterdae en openbare vakansiedae uitgevoer. (Foto: Sandra Simunovic, Xinhua)

Familielede treur Donderdag oor ’n slagoffer in Wes-Kaboel, Afganistan, ná Woensdag se selfmoordbomaanval op ’n opleidingsklas in ’n privaat gebou in die Shiite-omgewing van Dasht-i Barcha. Afghaanse owerhede het gesê minstens 34 mense is in die aanval dood. (Foto: Rahmat Gul, AP)

Koningin Margrethe van Denemarke poseer vir foto’s by haar Chateau de Caix-woning naby Cahors in Frankryk. Sy het Donderdag vir die eerste keer in die openbaar verskyn sedert haar man Henrik op 13 Februarie in die ouderdom van 83 dood is. (Foto: Fred Lancelot, AP)

Mense hou ’n klein pas uitgebroeide seeskilpad dop wat probeer om die Middellandse See se warm water op Ciprus se beskermde Lara-strand te bereik. Ciprus se groenskilpaaie neem toe in getalle danksy ’n dekade lange poging om dié spesie te beskerm. Die groenskilpad lê slegs haar eiers in Ciprus en Turkye. (Foto: Petros Karadjias, AP)

Die Suid-Koreaanse swemmer An Sehyeon trek Donderdag aan haar swempet tydens ’n oefensessie by die 18de Asiatiese Spele in Jakarta, Indonesië. (Foto: Bernat Armangue, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.