Die wêreld in foto’s – 16 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pa en seun stap tydens die Chinese Nuwejaar-viering deur die Chinatown van Yangon, Myanmar. Die Jaar van die Hond begin volgens die Chinese maankalender Vrydag. (Foto: U Aung, Xinhua)

Indiese vroue bid Vrydag tot Ram op ’n bus wat saam met die Ram Rajya Rath Yatra, ʼn “strydwa”, wat voorberei om op ’n tog van Kaushambi na Rameswaram te vertrek. Dié optog wat op 13 Februarie uit Ayodhya vertrek het, is georganiseer deur die Hindoe-nasionalistiese groep, die Vishwa Hindoe Parishad (VHP). Die Yatra sal die volgende 41 dae ses state besoek. Dié tog val saam met die Indiese hooggeregshof se aanhoor van grondeise deur Hindoes en Moslems oor besit van die land waar die Babri-moskee gestaan het voordat dit in 1992 deur Hindoe-radikales in die Noord-Indiese stad Ayodhya verwoes is. Hindoes beskou die plek as die geboorteplek van die Hindoe god Rama. (Foto: Rajesh Kumar Singh, AP)

Alexandra Hasler van Switserland oefen Vrydag voor die eindstryd vir die vrouedeelname aan die sneeuplankry op die 2018 Winter Olimpiese Winterspele in die Phoenix-sneeupark in Pyeongchang, Suid-Korea. (Foto: Fei Maohua, Xinhua)

’n Vrou stap Vrydag in mistige weer deur ’n park in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Frank Rumpenhorst, AP)

’n Aktivis van Indië se opposisieparty spring Vrydag van ’n polisiebus se dak af nadat hy deur die polisie aangehou is tydens ’n protesoptrede teen die regerende Bharatiya Janata-party (BJP) in Nieu-Delhi, Indië. Betogers het protes aangeteken oor klagtes van ’n beweerde swendelary waarby etlike miljoene betrokke is by ’n groot staatsbeheerde bank. (Foto: Altaf Qadri, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.