Die wêreld in foto’s – 16 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Verskeie leerders is beseer toe ʼn skoolbus in die fasade van ʼn gebou in Eberbach naby Mannheim in Duitsland vasgery het. (Foto: Rene Priebe, AP)

ʼn Gesondheidswerker in Lahore in Pakistan besig om vir ʼn kind ʼn inenting teen polio toe te dien. Polio is steeds endemies in Pakistan en die owerhede het pas ʼn teen-polioveldtog in die Punjab-provinsie van stapel gestuur. (Foto: KM Chaudary, AP)

Lawa loop teen die hange van die Mayon-vulkaan af naby die stad Legazpi in die Albay-provinsie, 340 km suidoos van Manila, in die Filippyne. Meer as 9 000 mense is uit die gebied verwyder ná ʼn ligte uitbarsting Maandag wat kenners gewaarsku het gou meer dramaties kan raak. (Foto: Dan Amaranto, AP)

Betogers staan Dinsdag buite die ambassade van die Europese Unie (EU) in Kuala Lumpur in Maleisië. Dit volg nadat die EU besluit het om palmolie te verbied op Europese markte. Hierdie besluit bedreig die bestaan van ongeveer 650 000 klein ondernemings in Maleisië. (Foto: Bazuki Muhammad, AP)

ʼn Toeskouer by die Australiese Ope-tenniskampioenskap in Melbourne soek Dinsdag lafenis by ʼn waaier. (Foto: Andy Brownbill, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bertie ·

Baie, baie dankie vir die pragfoto’s wat julle plaas! ek geniet dit.
Groete!

Bertie ·

Baie, baie dankie vir die pragfoto’s wat julle plaas! ek geniet dit! kyk tog of julle nie foto’s van Moosomin in Kanada kan plaas nie? Baie dankie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.