Die wêreld in foto’s – 16 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Oggendmis hang oor ʼn vallei in die Alpe naby Miesbach, Duitsland. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Betogers vertoon ʼn vlag en plakkaat voor die Winston Churchill-standbeeld buite die Parlement in Londen nadat lede van die Britse wetgewer Dinsdag teen Theresa May se Brexit-ooreenkoms gestem het. (Foto: Tim Ireland, Xinhua)

Modelle in skeppings van die Duitse ontwerper Irene Luft tydens die Berlynse-modeweek vir herfs/winter in Duitsland. (Foto: Binh Truong, Xinhua)

’n Betoging buite die federale regeringsgebou in New York in die VSA teen die huidige regeringstilstand. Talle federale werknemers en hul verteenwoordigers, asook aktiviste, het aan die protesoptrede deelgeneem teen wat gesien word as die langste regeringstilstand in Amerikaanse geskiedenis (Foto: Wang Ying, Xinhua)

ʼn Skiër pak die sneeu aan in Inzell, Duitsland. (Foto: Matthias Schrader, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.