Die wêreld in foto’s – 16 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Rocky “Soulman” Johnson, ’n WWE Heldesaal-stoeier en vader van die akteur Dwayne “The Rock” Johnson, is Woensdag op 75-jarige ouderdom oorlede. (Foto: WWE Inc, AP)

Die blare begin uitloop uit die stam van ’n swart gebrande boom naby Nattai, Australië, waar erge bosbrande baie van die woude vernietig het. Na die reën het die eerste groen knoppe reeds in sommige swart woude verskyn. (Foto: Rick Rycroft, AP)

Die verdedigende vroue-enkelspelkampioen, Naomi Osaka van Japan, hou die Daphne Ackhurst-beker vas voor die Australiese Ope-tenniskampioenskap in Melbourne, Australië, afskop. (Foto: Mark Baker, AP)

ʼn Hond wag saam sy eienaar in ʼn tou terwyl die owerhede inwoners naby die Taal-vulkaan in Batangas in die Filippyne ontruim. Die Taal-vulkaan skud voortdurend weens aardbewings wat gebarste paaie in nabygeleë dorpe veroorsaak. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Seun huil ná ʼn lugaanval deur die Siriese regering wat ʼn mark en ʼn nywerheidsgebied in Ariha, Sirië, getref het. (Foto: Ghaith Alsayed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sandy

Die laaste foto van die seuntjie ruk mens ‘n bietjie. Kan myself hopelik nooit indink oor hoe die kind voel oor al die skietery en ontploffings en konflik waarin hy gebore is, en nie voor gevra het nie. Mense is so stupid om so aan te gaan. Hulle besef nie hoe kort die lewe is nie. Om ander mense op te blaas gaan hulle nie langer laat leef nie.

Debbie de Beer

Dankie Maroela Media!

Die nuwe lettertipe is tops.