Die wêreld in foto’s – 16 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vrou lees die Franse koerant L’Equipe in Parys met die hoofopskrif “Ewige geluk” ná die Franse sokkerspan se oorwinning in die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi. Frankryk het sy tweede Wêreldbeker-kampioentitel ingeoes deur Kroasië met 4-2 in die eindstryd te wen. (Foto: Jean-Francois Badias, AP)

Voetgangers stap Maandag verby ’n advertensiebord van die sentrale sakegebied in Beijing. China se ekonomiese groei het in die afgelope kwartaal, wat in Junie tot ʼn einde gekom het, afgeneem, wat uitdagings vir Beijing bied te midde van ʼn toenemende tariefstryd met Washington. (Foto: Andy Wong)

ʼn Man sit Maandag op ’n bankie onder sy sambreel in ’n nat Mumbai in Indië. (Foto: Rafiq Maqbool, AP)

Die Amerikaanse president, Donald Trump, luister Maandag na die Russiese president, Wladimir Poetin, aan die begin van ʼn vergadering in die presidensiële paleis in Helsinki, Finland. (Foto: Pablo Martinez Monsivais, AP)

Claus-Peter Reisch, die kaptein van die migrante-reddingsskip Lifeline tydens ’n onderhoud by sy aankoms Maandag by die lughawe in München in Suid-Duitsland. (Foto: Matthias Balk, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.