Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Palestynse Hamas-veiligheidsmagte marsjeer met wapens tydens ʼn gradeplegtigheid van 45 polisiebeamptes by die Al-Rebat College se polisie-akademie in Gasastad. (Foto: Hatem Moussa, AP)

Sjina se artistieke swemspan neem aan die finale ronde van die tegniese items deel tydens die Wêreldswemkampioenskap in Gwangju, Suid-Korea. (Foto: Mark Baker, AP)

Mense op die strand smeer sonbrandroom aan op ʼn warm sonskyndag by die Towan-strand in Newquay, Engeland. (Foto: Ben Birchall, AP)

België se Wout van Aert (middel) jaag om die tiende skof van die Tour de France-fietswedren van meer as 217 km te wen. Hierdie fietswedren skop in Saint-Flour af en eindig in Albi, Frankryk. (Foto: Thibault Camus, AP)

Kinders in die Pabhokathi-nedersetting is geraak deur die onlangse vloede in Oos-Gauhati, Indië. Ná afloop van oorstromings en grondverskuiwings in Nepal het drie riviere in Noordoos-Indië en omliggende dele oorspoel. Volgens owerhede is meer as 2 miljoen mense se lewe hierdeur geraak. (Foto: Anupam Nath, AP)