Die wêreld in foto’s – 16 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het owerhede in Spanje, asook staatsamptenare en lede van die gemeenskap, eer betoon aan die slagoffers van Covid-19.

Spanje het hulde gebring aan die slagoffers van dié virus asook die werkers wat hul lewe op die spel plaas in die stryd teen die koronavirus. Die seremonie het op die plein in die koninklike paleis in Madrid, Spanje, plaasgevind.

Koning Felipe die sesde van Spanje saam met sy vrou, koningin Letizia, en sy dogters, prinses Leonor en prinses Sofia, tydens die huldeblyk in Spanje. (Foto: Manu Fernandez, AP)

Die plein by die koninklike paleis in Madrid, Spanje. (Foto: Manu Fernandez, AP)

Owerhede en lede van die gemeenskap tydens die huldeblyk in Spanje. (Foto: Manu Fernandez, AP)

Owerhede en lede van die gemeenskap tydens die huldeblyk aan Covid-19-slagoffers. (Foto: Manu Fernandez, AP)

Spanjaarde sit in ʼn sirkel tydens ʼn huldeblyk aan Covid-19-slagoffers en werkers. (Foto: Manu Fernandez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.