Die wêreld in foto’s – 16 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-6

Die SpaceX Falcon 9-vuurpyl Donderdag tydens die lansering vanaf die Kennedy-ruimtesentrum by Cape Canaveral in Florida. Foto: Malcolm Denemark, Florida Today via AP)

wereld-foto-9

Berg Etna, Europa se aktiefste vulkaan, tydens ʼn uitbarsting Donderdag-vroegoggend. Geen skade is by die nabygeleë Catania-lughawe aangerig nie. Foto: Salvatore Allegra, AP

wereld-foto-8

Aktiviste van Amnestie Internasionaal Donderdag tydens protesaksie in Londen na aanleiding van pres. Donald Trump se planne vir ʼn gewysigde weergawe van die VSA se omstrede reisverbod. Foto: Frank Augstein, AP

wereld-foto-7

Pous Franciskus ruil geskenke uit met die Libanese president, Michel Aoun, en sy vrou, Nadia, tydens ʼn private ontmoeting in die Vatikaanstad. Foto: Alessandra Tarantino, AP

wereld-foto-1

Prins Harry van Brittanje in gesprek met Philip Eaglesham, ʼn voormalige lid van die gewapende magte saam met sy hond, Cooper. Die prins was Donderdag ʼn paneellid op ʼn konferensie in Londen oor geestesgesondheid van oorlogsveterane. Drie veterane het deelgeneem aan ʼn paneelbespreking oor dié onderwerp. Foto: Kirsty Wigglesworth, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Diana sou vandag trots gewees het op haar seuns en lyk dit asof Prins Harry net oral betrokke is by enigiets waar dit saakmaak om die wereld ‘n beter plek te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.