Die wêreld in foto’s – 16 Mei 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

1. Rysvelde in die Nanchuan-distrik van Chongqing, in die suidweste van China. Xinhua/Qu Mingbin

2. Ongeveer 900 ruiters neem deel aan die Kötzting-pinksterviering naby Bad Kötzting in Duitsland. Die rit is een van die oudste tradisies in Bavaria. Armin Weigel/dpa via AP

3. Reddingswerkers dra die lyk van iemand wat tydens ʼn vloed in die noorde van die eiland Sumatra verdink het. AP Photo/Binsar Bakkara

4. Mense in Kaboel, Afganistan, lewer protes oor ʼn kraglyn-roete wat moontlik aangelê gaan word. AP Photo/Massoud Hossaini

5. Suid-Koreaanse brandbestryders neem deel aan ʼn veiligheidsoefening by ʼn winkelsentrum in Seoel in Suid-Korea. AP Photo/Ahn Young-joon.

6. Die geestelike leier, die Dalai Lama, besig om te bid in Dharmsala, Indië. AP Photo /Ashwini Bhatia

7. Kandidate in Mej. Filippyne-Aarde-kompetisie in die Filippynse hoofstad, Manila, staan reg vir die kameras. (Xinhua/Rouelle Umali) (zjy)

8. Mense besoek die laventel-tuin in die Guizhou-provinsie in China. Xinhua/Ou Dongqu

9. ʼn Polisieman in Afganistan versper ʼn pad tydens ʼn protesoptog in Kaboel. AP Photo/Rahmat Gul

10. Paul Dastoor van die Newcastle-universiteit in Australië by ʼn mikroskoop, die sogenaamde Scanning Helium Microscope, ʼn eerste ter die wêreld. Dit het meer as twee dekades geneem om dié mikroskoop te ontwikkel. Xinhua/University of Newcastle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.