Die wêreld in foto’s – 16 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Man in Athene vang vis met ’n emmer klein vissies as aas. Griekse vissermanne staak vir 48 uur om nuwe maatreëls te betwis. (Foto: AP/Petros Giannakouris)

Emmanuel Macron, die nuwe Franse president, groet die media ná ʼn ontmoeting met die Internasionale Olimpiese Komitee in die Élysée-paleis in Parys. (Foto: AP/Michel Euler)

Presidensiële lyfwagte op perde het die Palestynse president, Mahmoud Abbas, na ʼn seremoniële ontvangs by die Indiese paleis in Nieu-Delhi vergesel. (Foto: AP/Manish Swarup)

Alexander Lukashenko, president van Belo-Rusland (links), en Xi Jinping, president van China (regs), woon ʼn bilaterale vergadering in Beijing by. (Foto: Wu Hong/Pool Photo via AP)

Leerders in Bangkok in Thailand stap skool toe op die eerste dag van ʼn nuwe kwartaal. Hulle het ‘n twee maande lange vakansie agter die rug. (Foto: Xinhua/Li Mangmang/zhf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.