Die wêreld in foto’s – 16 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Freddie en Martha, albei een jaar oud, verken die nuwe Kindertuin by die Kew-tuine in Londen. Hierdie nuwe tuin beslaan 10 000 m², die grootte van byna 40 tennisbane, en is ideaal vir kinders om te verken en in te speel. (Foto: Frank Augstein, AP)

Japan se Kei Nishikori slaan die bal terug gedurende sy wedstryd teen Amerika se Taylor Fritz by die Italiaanse Ope-tennistoernooi in Rome. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

’n Europese vlag wapper vanaf die stadsaal se balkon in Frankfurt, Duitsland. Die Europese verkiesing vind plaas op 26 Mei. (Foto: Michael Probst, AP)

Die kunswerk “Life Cycle” deur die Sjinese kunstenaar, Ai Weiwei, word vertoon in die uitstalling “Everything is art. Everything is politics” in Düsseldorf, Duitsland. Dié uitstalling sal vanaf 18 Mei tot 1 September oop wees vir die publiek. (Foto: Federico Gambarini, AP)

’n Vragskip op die Mainrivier ná sonsondergang in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.