Die wêreld in foto’s – 16 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreldfoto

Polisiebeamptes in Indië probeer ʼn skare mense beheer wat buite ʼn bank in New Delhi wag om geldnote te ruil wat van die mark onttrek word. Indië se eerste minister, Narendra Modi, het verlede week aangekondig die 500 rupee-note (ongeveer 7.50 dollar) en 1000 rupee-note (ongeveer 15 dollar) word onmiddellik uit sirkulasie onttrek in ʼn poging om korrupsie hok te slaan. Foto: Saurabh Das, AP

wêreldfoto

ʼn Groep ma’s bid vir hul kinders tydens ʼn spesiale diens in Seoel, Suid-Korea. Die ma’s bid vir hoërskoolleerders wat toelatingstoetse vir universiteit moet skryf. Ongeveer 600 000 studente lê môre dié toets af. Foto: Ahn Young-joon, AP

wêreldfoto

ʼn Betoger in Athene probeer traangas vermy, terwyl ʼn ander een regmaak om ʼn petrolbom te gooi tydens ʼn protesoptog teen die Amerikaanse president, Barack Obama, se besoek aan Griekeland. Polisiebeamptes meen ongeveer 3 000 anargiste en linksgesinde ondersteuners het aan die optog deelgeneem. Foto: Thanassis Stavrakis, AP

wêreldfoto

Mense probeer ʼn motor uit die sneeu kry in Altay, in China se Xinjiang Uygur-streek. Plaaslike owerhede het ʼn vlak vier noodtoestand ingestel, ná 50 ure se sneeu in dié streek geval het. Foto: Xinhua, Ding Ning, wyo

wêreldfoto

Die sangeres Pink poseer vir ʼn foto met haar baba-boepie en vyfjarige dogtertjie, Willow. Dié sangsensasie verwag haar tweede kind saam met haar man, Carey Hart. Die foto is deur Deborahanderson.com verskaf. Foto: Deborah Anderson, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.