Die wêreld in foto’s – 16 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Militêre voertuig in ʼn straat in Harare en nog ʼn dag van onsekerheid vir die mense van Zimbabwe. (Foto: AP)

Mense sit op die grond en treur oor hulle geliefdes ná vier selfmoordbomme talle mense in Maiduguri in Nigerië se lewe geëis het. (Foto: Jossy Ola, AP)

Yataka Yanagisawa, eienaar van Munch Burger Shack, berei hamburgerfrikkadelle voor. Pres. Donald Trump het onlangs dié eetplek besoek terwyl hy in Japan was. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Twee mense se voete is vasgeklem deur ysterkettings in ʼn tydelike sel. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ʼn onwettige hommeltuig oor die parlement in Naypyidaw in Mianmar laat vlieg het. Hulle is tot twee maande tronkstraf gevonnis. (Foto: Aung Shine Oo, AP)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, gee ʼn kort verklaring voor die finale dag van gesprekvoering tussen verskillende politieke partye in Duitsland oor die grondslag vir die vorming van ʼn nuwe regering in Berlyn. (Foto: Michael Kappeler, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.