Die wêreld in foto’s – 16 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Chakthip Chaijinda, die nasionale polisiehoof van Thailand, praat Dinsdag tydens ’n mediakonferensie in Bangkok, Thailand. Die polisie in dié land het ’n Britse toeris se klagte afgemaak dat sy op ’n Thaise oord-eiland verkrag is nadat hul ondersoek geen bewyse opgelewer het dat die voorval wel gebeur het nie. (Foto: Sakchai Lalit)

Joernaliste woon Dinsdag ’n mediakonferensie by waar die aankondiging gemaak is dat Rembrandt se Night Watch herstel sal word en weer volgende jaar vir die publiek by die Rijksmuseum in Amsterdam, Nederland, te siene sal wees. (Foto: Peter Dejong, AP)

’n Palestynse betoger op ’n strand naby die Israelse grens in die noordelike Gasastrook. Altesaam 34 Palestyne is Maandag beseer tydens onluste op die grens van die noordwestelike Gasastrook en Israel. (Foto: Xinhua)

Abdel Fattah el-Sissi, die president van Egipte, Dinsdag by ’n kranslegging by die graf van die Onbekende Soldaat in Moskou, Rusland. (Foto: Sergei Ilnitsky, AP)

Polisie patrolleer Dinsdag die treinstasie in Keulen, Duitsland. Duitse polisie het ’n vrou tydens ’n gyselaarsdrama in dié stad gered nadat sy ure lank aangehou was. (Foto: Ulrich Hufnagel, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.