Die wêreld in foto’s – 16 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Polisiebeamptes van Duitsland staan oorkant ʼn groep mense uit die regse politieke-spektrum by Kornmarkt-winkelsentrum in Bautzen, ná gevegte uitgebreek het tussen dié groep en jong migrante. Foto: XCITEPRESS/dpa via AP/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto

ʼn Priester in Kirovsk, Rusland lei ʼn herbegrafnis van 264 Sovjet-soldate wat tussen 1941 en 1943 tydens die Tweede Wêreldoorlog gesterf het. Meer as 200 000 Sovjet-soldate het in dié tyd gesterf. Foto: Dmitri Lovetsky/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto

Vissermanne van Kalibaru, in die noorde van Jakarta, Indonesië, staan met nette vol klein vissies. Hierdie vissies sal verwerk word tot vismeel, wat ʼn basiese bestanddeel vir vee-voer is in Indonesië. Foto: Xinhua/Veri Sanovri (sxk)/wire.africannewsagency.com

wêreld-foto

Red Bull se werktuigkundiges ruil bande om ná Max Verstappen van Nederland sy eerste oefenrondte voltooi het by die Singapore Grand Prix se Marina Bay City-baan. Foto: Wong Maye-E)/wire.africannewsagency.com

Wêreld-foto (1)

Kinders in China se Chongqing-munisipaliteit speel met borrels. Foto: Xinhua/Zhang Yi (zyd)/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ekke ·

Hoekom is hier dan nooit fotos oor Suid-Afrika nie – altyd iets wat in ander lande gebeur !

Is ons dan nie nuuswaardig genoeg nie !!!!!

humor ·

Jammer dat onluste die gevolge is van Frau Merkel se oordrewe liefdadigheidsbewyse, maar sy het daarna gevra. Gelukkig is daar n ontwakig wat heel waarskynlik sal eskaleer tot n totale volksverset in die toekoms.

sarie van heerden ·

Ekke, kyk jy nie televisie nuus of lees jou koerante oor Suid=Afrikaanse nuus nie? Daar is Zumpie wat weer ‘n gek van homself en ons land maak en wat van al die aanvalle en moorde op ons mense?

Ekke ·

Sarie jy verstaan seker nie wat ek bedoel nie…..ek verwys na fotos van noemenswaardige gebeure in ons land…..sneeu op die berge !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.