Die wêreld in foto’s – 16 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Detroit Tigers se Grayson Greiner (links) in aksie teen Baltimore Orioles se Rio Ruiz tydens die sesde beurt van ʼn bofbalwedstryd in Detroit. (Foto: Jose Juarez, AP)

Vuurwerke in die lug tydens Mexiko se onafhanklikheidsvieringe in Mexikostad. (Foto: Marco Ugarte, AP)

Twee vroue in tradisionele klere geklee, loop deur die tori-hekke terwyl hulle die Nezu-tempel in die Bunkyo-distrik in Tokio besoek. (Foto: Jae C. Hong, AP)

Bradley Whitford staan vir ʼn foto in die mediakamer met sy toekenning vir beste gasoptrede in die dramareeks The Handmaid’s Tale op die tweede aand van die Creative Arts Emmy-toekennings by die Microsoft-teater in Los Angeles. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Mos Antenor (42) in ʼn stootskraper terwyl hy die pad skoonmaak na orkaan Dorian verwoesting in die dorpie Mclean gesaai het. (Foto: Ramon Espinosa, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.