Die wêreld in foto’s – 17 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Betogers skree Dinsdag slagspreuke uit wat die onlangse VSA-geleide lugaanvalle in Sirië veroordeel tydens ʼn saamtrek in Manila in die Filippyne. Dié groep doen ʼn beroep op die regering om ook die beweerde Amerikaanse gewapende aggressie in die Midde-Ooste te veroordeel. (Foto: Aaron Favila, AP)

Justin Trudeau, die Kanadese eerste minister (tweede van regs) vergader Dinsdag met Gérard Larcher, die Speaker van die Franse senaat, in Parys, Frankryk. (Foto: Sean Kilpatrick, AP)

ʼn Afgaanse seun versamel Dinsdag rou opium in die Surkhroad-distrik van Jalalabad, oos van Kaboel in Afganistan. In Afganistan se amptelike 2017-opiumverslag wat November verlede jaar vrygestel is nadat daar ’n opname oor opium gedoen is, het die Verenigde Nasies se kantoor vir dwelmverwante misdaad ʼn 87% toename in die vervaardiging van opium in vergelyking met 2016 aangeteken. (Foto: Mohammad Anwar Danishyar, AP)

Mense verkyk hulle Dinsdag aan kersiebloeisels tydens ʼn blomwaarderingsgeleentheid by Zhongshan-park in Qingdao in Oos-China se Shandong-provinsie. (Foto: Li Ziheng, Xinhua)

Mo Farah van Brittanje neem ʼn selfie terwyl hy vir die media naby die Tower Bridge in Londen poseer. Farah neem Sondag 22 April aan die Londen-marathon deel. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Duitser ·

Presedent Trump maak die wereld beter nie net die VSA nie verwyder die lande wat christene vervolg en mense omderdruk oor hulle onosele regering het , bring orde terug na n wêreld waar daar orde en vrede geheers het en nou verval het .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.