Die wêreld in foto’s – 17 April 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Uitsig oor St. Pietersplein gedurende pous Franciskus se weeklikse oudiënsie in die Vatikaan. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Die Notre Dame-katedraal ná die brand wat Maandagaand 14 April uitgebreek het. Ongeveer $1 miljard het reeds van oral in die wêreld vir herstelwerk aan dié geskiedkundige gebou ingestroom. (Foto: Francois Mori, AP)

’n Balinese bruidegom en sy ma wys hulle vingers wat met ink gemerk is nadat hulle by ʼn stemlokaal in Bali, Indonesië, gestem het gedurende die presidents en wetgewende verkiesing. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

Winnipeg Jets se Kyle Commor (81) teken die wendoel aan teen die verdedigende span, die St. Louis Blues se doelwagter, Jordan Binnington (50), en Brayden Schenn (10) gedurende ekstra tyd tydens die vierde wedstryd van die eerste rondte van die NHL hokkiereeks. (Foto: Jeff Roberson, AP)

Voetgangers en fietsryers beweeg oor die Waterloo-brug wat met graffiti bedek is wat deur betogers aangebring is. Die Britse omgewingsgroep Extinction Rebellion het die Britse regering versoek om koolstofuitlaatgasse teen 2025 tot nul te verminder en beplan om Londen tot stilstand te bring tot en met 29 April deur middel van ’n reeks betogings. (Foto: Frank Augstein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.