Die wêreld in foto’s – 17 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan terwyl noodsaaklike dienste en mediese personeel dié wêreldwye pandemie beveg. Te midde van veeleisende omstandighede het gesondheidsorgpersoneel in die VSA die nasie vir hul eerbetoning bedank.

Polisielede en voetgangers bedank mediese personeel buite die NYU- mediese sentrum in New York. (Foto: Frank Franklin II, AP)

ʼn Mediese personeellid raak emosioneel terwyl polisielede en voetgangers hulle toejuig buite die NYU- mediese sentrum in New York. (Foto: Frank Franklin II, AP)

Mediese werkers geniet die toejuiging van voetgangers en brandweermanne buite die Brooklyn-hospitaalsentrum in New York. (Foto: John Minchillo, AP)

Mediese personeel waai vir motoriste wat met waarderingsbaniere in Dallas, Texas, verbyry. (Foto: LM Otero, AP)

ʼn Mediese personeellid in Dallas, Texas, bedank mense in verbygaande motors wat dié personeel toejuig vir hul opofferings tydens die Covid-19-pandemie. (Foto: LM Otero, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.