Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Reddingswerkers op soek na oorlewendes in Arequipa in Peru nadat ʼn aardbewing van 5,2 die Arequipa-strook in die suidelike Andes-streek Dinsdag getref het. Minstens nege mense is dood en ʼn talle is beseer. Foto: Xinhua/Vidal Tarqui/ANDINA/wire.africannewsagency.com

ʼn Terdoodveroordeelde keer terug na sy sel ná ʼn oefensessie in die binneplein van die San Quentin-tronk in Kalifornië. Dié Amerikaanse deelstaat besin in November oor die toekoms van die toepassing van die doodstraf in Kalifornië. Foto: AP Photo/Eric Risberg/wire.africannewsagency.com

Palestyne verbrand ʼn Israelse vlag tydens onluste by die Fawwar-vlugtelingkamp naby die Wesoewer-stad Hebron. Israelse militêre magte het die vlugtelingkamp vir wapens deursoek toe hulle met klippe en plofbare projektiele bestook is. Een Palestynse tiener is dood en agt is beseer in die daaropvolgende skietgeveg wat losgebars het. Foto: AP Photo/Majdi Mohammed/wire.africannewsagency.com

ʼn Brand het Dinsdag uitgebreek op ʼn plesierboot wat in die Tahoe-meer in die Amerikaanse deelstaat Nevada vasgemeer was vir herstelwerk. Twee werkers is beseer en aansienlike skade is aan die boot, ʼn gewilde toeristeaantreklikheid, aangebring. Foto: Zach Hastie via AP/wire.africannewsagency.com

Foto’s en besittings van die Lieteau-gesin in Baton Rouge in die Amerikaanse deelstaat Louisiana op straat nadat vloedwater van bykans 2 m deur hulle huis is. Minstens agt mense is dood en meer as 40 000 huise is beskadig in dié jongste oorstromings. Foto:APPhoto/MaxBecherer/wire.africannewsagency.com

Vegvliegtuie van die Indonesiese lugmag vermaak toeskouers tydens die land se 71ste onafhanklikheidsherdenking by die Merdeka-paleis in Djakarta, Indonesië. Dié voormalige Nederlandse kolonie het in 1945 onafhanklik geword. Foto: AP Photo/Achmad Ibrahim/wire.africannewsagency.com
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Maroela.
Ek geniet hierdie foto samestelling van julle rerig baie. Doen so voort asb